Wing Chun

Wing Chun (Tradisionele Chinees: 詠春, Vereenvoudigde Chinees: 咏春; Afrikaans: Ewige lente) is 'n (suid-)Chinese vegkunsstyl (in die Weste gewoonlik onder Kung Fu bekend).

Die naam van die vegkuns stam uit Kantonees en daar is geen duidelike Romanisering van die begrip nie. As gevolg van handelsregtelike oorwegings en die begeerte van skole om hulself van mekaar te onderskei, is daar talryke skryfwyses in gebruik, soos byvoorbeeld Wing Tsun (W.T.), Ving Tsun (V.T.), Wing Tzun, Wing Chung, Wing Shun, Wing Tsung, Wyng Tjun, Ving Chun (VC), maar ook heeltemaal andere name soos byvoorbeeld Taonamics.

In Pinyin, die amptelike toegepaste Romaniseringsisteem vir Hoogsjinese Mandaryn, word die skriftekens as Yǒng chūn omgeskakel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search